SchoolsStreeknuus

Laerskole Witpoort en Rayton se hokkiedogters speel gelykop

Beide spanne het aan die einde van hulle wedstryde gelykop geëindig.

Twee dogtershokkiespanne van Laerskool Witpoort en Laerskool Rayton het mekaar die stryd aangesê.

Die 0/11- en 0/13-spanne van Laerskool Witpoort en Laerskool Rayton het op Donderdag, 11 Augustus met mekaar meegeding.

Beide spanne het aan die einde van hulle wedstryde gelykop geëindig met die 0/11’s wat geen doele kon aanteken nie en die eindtelling was 0 –0.

Die 0/13-spanne het elk twee doele aangeteken en die eindtelling was 2–2.

“Ons wens ons hokkiedogters baie geluk,” het Bernice van Staden, bemarker by Laerskool Witpoort, laat hoor.

Wiities se Jamie Muller in aksie.
Mienke Steyn sit krag agter haar hokkiestok.
Laerskool Witpoort se 0/11-hokkiespan.
Elani Roets hardloop met die bal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button