Schools

Hoërskool Oosterland se seunshokkiespan wen B Noordvaal-liga

Skool as tweede mees dominantste skool aangewys.

Hoërskool Oosterland se seunshokkiespanne het uitgeblink en hul 0/14s is as die wenners van die B Noordvaal-liga gekroon.

Hulle het in die eindronde met Hoërskool Zwartkop kragte gemeet en dié skool met 1–0 geklop.

Oosterland se 0/16-seunshokkiespan het ook goed gevaar en tweede in die liga geëindig nadat hulle in die eindronde met 1–2 teen Hoërskool Pietersburg verloor het.

Hoërskool Oosterland is ook as die tweede mees dominante skool tydens die liga aangewys.

Een van die afrigters en organiseerders van Oosterland, Werner Janse van Rensburg, het gesê dit is ’n groot prestasie vir hulle skool en dat net die beste skole in die vier noordelike provinsies by die Noordvaal-liga meeding.

“Ons wil nou op dié prestasies voortbou vir volgende jaar en ons eerste hokkie-span ook daar kry,” het Janse van Rensburg gesê.

Hoërskool Oosterland se 0/14-seunshokkiespan het die B Noordvaal-liga gewen. Die span bestaan uit (voor) Manqoba Nxumalo, Tshepang Nhlapho, Kweyakhe Masinga, Johannes Mabe, Songezo Phoza en Mthokozisi Nzama. Agter is Liam Derwort, Diallo van Wyk, Bonga Shabangu, Eshile Nzama, Ntokozo Skhosana, Sandile Mbelu, Kitso Tshesebe, Oosterland se kaptein, Cebo Hlope, Werner Janse van Rensburg (afrigter), Clarissa van Vuuren (organiseerder) en Teboho Sejane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button