Schools

Stallions en Brumbies van Standerton se buurskool is wenners

Die O/19 Stallions het 12-12 geëindig en het die trofee met Hoërskool Magalies gedeel.

Drie van Morgenzon Landbou Akademie se rugbyspanne het na die Noordvaal-eindstryd deurgedring.

Die 0/17- en 0/19-span het die Mpumalanga-kompetisie vir kleinskole gewen, terwyl die 0/15-span naaswenners was en hul in die eindstryd meegeding het.

Die halfeindstryd is teen die 0/19’s van Hendrina gespeel en die 0/15’s en 0/17’s het teen Rhodesfield te staan gekom.

Tydens die eindstryd op Hoërskool Suiderberg se veld, het die 0/15-span en 0/17-span teen Westonaria meegeding en die 0/19-span teen Hoërskool Magalies.

Die 0/19 Stallions het 12-12 geëindig en het die trofee met Hoërskool Magalies gedeel.

Die 0/15 Brumbies het die eindstryd 33-17 gewen, maar die 0/17-span moes die knie buig en het dus tweede in die Noordvaal-afdeling 5A geëindig.

Die puntemakers in die onderskeie wedstryde was: 0/17 Mustangs AJ Willemse, strafdoel, 0/15 Brumbies PJ Kirsten twee drieë, Wynand Cronjé twee drieë, Wihan van der Merwe een drie, Tiaan Strydom, vier doelskoppe en by die 0/19-Stallions Ettienne van Eeden een drie, Mthokozisi Nkonyane een drie en Ruan Lombard, een doelskop.

Morgenzon Landbou Akdemie se Brumbies na die eindstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button