Laerskool Delmas-leerders dring deur na die Radikale Redenaars se nasionale eindronde
Onder die bekwame hand van hul afrigter, Martie Schonert, kon daar skoonskip gemaak word en het verskeie leerders eerste plekke in hul onderskeie afdelings behaal.
Die Radikale Redenaarskompetisie was vanjaar, net soos tydens die Covid-epidemie, ’n aanlynkompetisie.
Video’s is ingestuur waarvolgens beoordelaars die wenners aangekondig het.
Ook uit Laerskool Delmas se geledere het verskeie leerders aan die kompetisie deelgeneem en goeie uitslae behaal.
Slegs redenaars wat ’n eerste plek in hul onderskeie afdelings bereik het, het deurgedring na die nasionale kompetisie wat in Oktober in Pretoria plaasvind.
Onder die bekwame hand van hul afrigter, Martie Schonert, is daar skoonskip gemaak en verskeie leerders het eerste plekke in hul onderskeie afdelings behaal.
Gladde-bekkie-redenaars wat uitstekend gevaar het in die Mpumalanga-kompetisie, is Liza Anker (graad 3), Chrismie Redelinghuis (graad 5) wat ’n A-simbool verwerf het, Mijéan de Jager (graad R) wat ’n A+ simbool verwerf het, Janke van Rooyen (graad 2) en Zannika de Jager (graad 5).
Liza, Mijéan, Janke en Zannika het deurgedring na die nasionale kompetisie.



