Valies is na kunswedstryd vier trofees ryker
Altesaam 55 Valies het deelgeneem wat die koshuisseunskoor, tradisionele Indlamu-dansgroep, Gumboot-dansgroep en seniorsanggroep ingesluit het.
LSEN-skole in Mpumalanga se jaarlikse kunswedstryd het op Donderdag 8 September by W.H. de Klerkskool in eMalahleni (Witbank) plaasgevind, met Standerton wat goed presteer het.
Hoërskool George Hofmeyr was die algehele wenner en Vaalrivierskool het vier trofees gewen.
Ander skole wat deelgeneem het, is Jim van Tonderskool op Bethal, Platorand op Belfast en Ethikhumalo.
Individuele – en groepitems het plaasgevind en kunswerke en projekte is ook ingeskryf.
Altesaam 55 Valies het deelgeneem wat die koshuisseunskoor, tradisionele Indlamu-dansgroep, Gumboot-dansgroep en seniorsanggroep ingesluit het.
Daar was ook leerders wat solosangitems aangebied het, asook een duet.
Ander leerders het aan voordrag- en leesitems in Afrikaans en Engels deelgeneem.
Valies se trofeewenners was:
• Oriëntering O2: Divan Matthews vir Afrikaans voorbereide lees.
• Jaar 2: Ndumiso Mkhwanazi vir Afrikaans voorbereide lees.
• Jaar 3: Enrico Labuschagne vir English prepared reading.
• Nicolus Magagula vir English dramatised prose.
Hoërskool George Hofmeyr se individuele uitslae sal so gou moontlik gepubliseer word.




