School sportSchools

Laerskool Secunda se spanne vaar goed op tennisbaan

Laerskool Secunda se tennisspanne het eers in die plaaslike liga presteer en deurgedring na die Gert Sibande-liga wat op Ermelo beslis is. Die seunsspan het hier ook uitgeblink.

Laerskool Secunda se seuns-tennisspan het ook op 2 September die eindronde van die tennis-liga teen Laerskool Trichardt gewen en deurgedring na die halfeindronde van die Gert Sibande tennis-liga wat op 11 September by Hoërskool Ermelo plaasgevind het. Die span bestaan uit Nicolas Schneider, Reinhard Noordman, CJ Meyer en HW Meyer.
Laerskool Secunda se dogters-tennisspan het op 2 September aan die eindronde van die tennis-liga deelgeneem en deurgedring na die halfeindronde van die Gert Sibande tennis-liga wat op 11 September by Hoërskool Ermelo plaasgevind het. Die span bestaan uit Linke Schneider, Lia Noordman, Olivia Adendorff en Miané Schneider.

Related Articles

 
Back to top button