Dansers van Laerskool Goedehoop het op 14 Oktober aan die Hoëveldgroep Danskompetisie deelgeneem en presteer.
Die leerders wat eerste plekke behaal het in hul onderskeie afdelings is Mikayla Smit, Gabby van Jaarsveldt, Larochelle Schäde en Chanel Grobler.
Die leerders wat tweede plekke behaal het in hulle afdelings is Darius Brummer, Melandie Faber, Waldt van Niekerk en Miné Storm.
Die leerders wat derde plekke behaal het is Larain van Zyl, Milan Zwarts en Theo Kriel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



