SHS verwelkom Tribies
SHS het amptelik hulle Graad Agt-groep verwelkom tydens die groentjiekonsert op 30 Januarie.

Standerton Hoërskool het op 30 Januarie uiteindelik hul Graad Agt-groep verwelkom as deel van die SHS-familie.
Dié nuwe leerders word as Tribies geken.
Na weke se harde werk, ontgroening en oefening, het die Tribies hul groentjiekonsert opgevoer.
Die Tribies het die gehoor op ’n reis gevat deur Bakgat Eiland op soek na ’n skatkis.
Teen die einde van die spel, het die Tribies die laaste stuk van die kaart gekry en kon uiteindelik as trotse SHS-leerders van die verhoog afstap.
Volgens Tamryn Archer, onderwyser, was die Tribies taamlik senuweeagtig voor die toneel.
Die Graad Agts se onderwysers het bystand gebied en die leerders herinner om hulself net te geniet.
“Hierdie herinneringe vorm die basis van hulle hoërskooldae en dit is belangrik dat hulle deelneem en leer hoe om saam met ander te lag,” het sy gesê.