Dankie vir goeie diens
Die grootste probleem in Suid-Afrika is dienslewering. As daar wel goeie diens gelewer word, kan ons dit gerus prys en ander daarvan vertel. Ons het onlangs ‘n nuwe voertuig by Pinnacle Auto BMW gekoop en ons het wonderlike diens daar gekry. Motorhandelaars doen baie moeite vir hul kliënte. Hier volg die aangename ondervinding wat ons …
Die grootste probleem in Suid-Afrika is dienslewering.
As daar wel goeie diens gelewer word, kan ons dit gerus prys en ander daarvan vertel.
Ons het onlangs ‘n nuwe voertuig by Pinnacle Auto BMW gekoop en ons het wonderlike diens daar gekry.
Motorhandelaars doen baie moeite vir hul kliënte.
Hier volg die aangename ondervinding wat ons by die aankoop van ‘n nuwe voertuig by Pinnacle Auto BMW gehad het.
Ons is dadelik koffie aangebied toe ons een Saterdagoggend by BMW se vertoonlokaal ingestap het.
‘n Baie goeie inruilprys is vir my ou voertuig aangebied.
Ons probleem was om te besluit watter BMW om te koop.
Die verkoopspersoneel het baie vriendelik en met groot geduld voorleggings aan ons gedoen en ons het twee verskillende BMW’s gaan toetsbestuur.
Dit het egter net ons problem groter gemaak, omdat BMW’s sulke wonderlike voertuie is.
Die voertuig waarop ons toe besluit het, was ongelukkig nie dadelik beskikbaar nie. Danny Hanger en die verkoopspersoneel het egter daarin geslaag om dié voertuig, wat op daardie stadium op pad na Suid-Afrika was, vir ons geboek te kry en daarna het die BMW-span ons gereeld geskakel om ons op hoogte te hou. Soos belowe, het die voertuig spoedig in Secunda aangekom en is fotos van die aankoms aan ons gestuur.
Die nodige dokumente is by ons huis kom haal en registrasie asook die nommerplaataksies is sonder verwyl afgehandel.
By ons aankoms by BMW om die nuwe voertuig te ontvang, is ons dadelik weer koffie aangebied. en ‘n koningsbloustrik was bo-oor die afgebakende, nuwe voertuig met ‘n bordjie om ons geluk te wens.
Tydens die oorhanding van die voertuig, is al die funksies breedvoerig aan ons verduidelik.
Alle eer aan Jacques Bothma wat ons vrae met soveel vriendelikheid en geduld beantwoord het.
Baie dankie aan Danny Hanger, Jacques Bothma en die BMW-span.
Julle is ‘n uitmuntende voorbeeld van uitstekende diens.
Voortaan noem ons die Pinnacle Auto BMW-span, ons familie.
Gerrit en Anna-Marie, Secunda.