LettersOpinion

Winkel lewer swak diens

Kry ander ook swak diens by winkels?

Ek stap onlangs by ’n winkel in, hink en pink met my kruk.

Steun en kreun tot by die handdoekrak, geen sterfling in sig.

Heelbo is die handdoeke, ek kyk rond, geen hulp, geen trollies, geen mandjie, niks.

Haak met kruk, ruk en pluk, stoei om self nie op die vloer te land nie.

Ten einde laaste is die handdoeke op die vloer.

Nou is dit skuif-skuif, voetjie vir voetjie, kruk in een hand en arms vol toonbank toe, nat gesweet en stokflou, dit nogal in die winter, val ek in die tou.

Na wat soos ’n ewigheid voel, is dit my beurt.

Met die betaalslag noem ek aan die vrou dat die diens maar swak is.

“Sorry, sorry…” is al wat geprewel word.

Nou terug na my motor op die gestremde parkering, waar omstanders baie vriendelik en hulpvaardig is.

Ek glimlag en prewel ’n dankie uit terwyl ek oor my pakkie en persoon se veiligheid wonder.

Is dit net ek?

Ek vra maar net.

Verbruiker, Secunda.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button