Opinion

Noem my ouma asseblief

Lentedag. Loslitdag, Erfenisdag en vanjaar keer mense nog houers vol yswater op mekaar se koppe uit om geld in te samel vir mense wat aan sekere siektetoestande ly. Nog ’n spesiale dag in baie mense se lewens.

September is ’n maand vol spesiale dae.

Lentedag. Loslitdag, Erfenisdag en vanjaar keer mense nog houers vol yswater op mekaar se koppe uit om geld in te samel vir mense wat aan sekere siektetoestande ly. Nog ’n spesiale dag in baie mense se lewens.

Inskrywingstyd in my joernale vir my dogters waarvan ek julle al vertel het, het my nog ’n keer laat dink oor spesiale dae in my lewe.
Die vraag “Wat was sover die spesiaalste dag in Mamma se lewe en hoekom?”,het my baie stof tot nadenke gegee.

Ek kan nie skryf “Jou geboortedag, my kind” nie, want daar is vir my nog twee kinders gebore en al drie geleenthede was ewe spesiaal.

Troudae, doopdae, Ousus se troudag, matriekafskeidgeleenthede, spesiale verjaarsdae – bloot net te moeilik om een uit te sonder.

Nog twee kinders se troudae lê voor.

En dan, natuurlik, die grootste van alles- die geboorte van die kleinkinders!

Mense, ek kan nie wag om die woord “Ouma” uit die mond van ’n klein kindjie wat met MY praat, te hoor nie. Die eerste treetjies, die eerste woordjies en al die baie ander eerstes vervul my met ’n opgewondenheid wat ek nie kan beskryf nie.

Ek het reeds soveel planne beraam rondom die “ouma-ding” – net soos duisende vroue voor my seker ook gedoen het.

Ek gaan die coolste ouma ooit wees; ek gaan alles saam met my kleinkinders doen; hulle gaan die oulikste kleinkinders in die wêreld wees….. en so kan ek vir nog baie lank aangaan.

Maar hoe sê ek vir my 30-jarige ongetroude seun en twee jaar lange getroude dogter (eintlik nog op wittebrood) om aanstaltes te maak want die ouma in my dreig elke dag om uit te spring?

Elke klein dogtertjie op straat wil my Woolies toe laat hardloop om ’n pienk rokkie te koop, elke pop lyk of sy ’n “mamma” soek en elke speelgoedgeweertjie of karretjie skree “koop my”!

Intussen, my liewe kindertjies, geniet ek Lentedag, Erfenisdag Kersdag en elke ander spesiale dag wat die lewe my kant toe gooi tot die spesiaalste dag aanbreek wanneer die eerste pienkvoet in die familiekring sy of haar verskyning maak.

No pressure, kinders, no pressure. Ek kan maar net nie wag nie, maar die gaan mos nie hier oor my nie nie. Sodra julle gereed is, is hierdie toekomstige ouma op bystand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button