LettersOpinion

Moeg gekla oor die toestand van ons dorp

Inwoners streef na vooruitgang en na ’n skoon omgewing, maar hoe is dit moontlik as die munisipaliteit nie sy werk doen nie?

Ek het Vrydagoggend, 14 November opgestaan en reggemaak vir werk en soos wat ek my motor by die motorhuis uitgetrek het, het ek gesien dat my swartsakke op die sypaadjie oopgeskeur was en dat my huisrommel die wêreld volgelê het.

Die inwoners van Trichardt streef na vooruitgang en na ’n skoon omgewing, maar hoe is dit moontlik as die munisipaliteit nie sy werk doen nie?

Ek woon al jare op Trichardt en kan nie dink dat die toestand destyds só gelyk het nie.

Daar is slaggate, riool en en gereelde kragonderbrekings en dan word daar gesê ons het een van die beste munisipaliteite in die distrik.

Ek en my man moes onlangs ons motor se twee agterbande vervang omdat die slaggate wat onmisbaar is, groot skade aangerig het.

Wat word van die finansies wat aan herstelwerk verskaf word?

Is daar ’n tekort aan personeel dat ons dorp so lyk?

Elkeen het sy eie privaatheid en sy eie reg as individu om te doen wat hulle wil, maar dit voel vir my of alles hand uitruk.

Bekommerde inwoner, Trichardt.

Besorgde inwoner, Trichardt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button