Eers raak ons sementballe wat ons as randstene buite voor ons erf gebruik, weg en vandag was die kersie op die koek.
’n Man het so teen 12nm die deksel wat die munisipaliteit oor die watermeter gesit het, gebreek en hy is van daar af asgate toe.
Ek was vrou-alleen en kon niks doen nie en het my man geskakel om my te kom help.
Hy het toe deur die groenstrook in Voortrekkerstraat oor die hoofpad geloop en ’n klomp gehuggies agter ’n hoop grond daar gesien.
Is iemand bewus van dié probleem?
En wat kan ’n mens daaraan doen?
Hulle loop in die aande hier in Komatiestraat af met trollies vol goed.
Bekommerde inwoner, Secunda.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



