LettersOpinion

‘Suster gee nie om nie’

Wat as pasiënt sy lewe verloor?

Ek het verlede jaar uitermatige slegte diens by die staatskliniek op Secunda ontvang.

Sr. Botha het geweier om ’n pasiënt te help nadat aan haar verduidelik is dat die pasiënt op kroniese medikasie is.

Dié pasiënt gebruik insulien en kan dit nie bekostig om die medisyne by die apteek te koop nie.

Sr. Botha het gesê die kliniek is nie ’n apteek nie en hulle maak om 1nm toe op Vrydae.

Sy het geweier om vir die pasiënt ’n lêer oop te maak en het gesê die pasiënt moet die Maandag teruggaan nadat daar aan haar verduidelik is dat die pasiënt nie meer insulien het om te gebruik nie en net nog een keer kon spuit.

Wat word nou van daardie pasiënt?

Dit was die enigste dag wat dié pasiënt na die kliniek kon gaan en hy is na ure se staan netso weggewys met geen hoop op die horison.

Sal sr. Botha met haar gewete kan saamleef as die pasiënt sy lewe verloor omdat sy hom nie wou help nie?

Wat word van ons staatsklinieke?

Ek was per toeval by die kliniek toe die voorval plaasgevind het.

Is die susters nie daar om mense te help nie?

Of is hulle meer bekommerd oor hul naweek af?

Bekommerd, Secunda.

(Mnr. Dumisani Malamule, kommunikasiebestuurder van die Mpumalanga provinsiale departement van gesondheid, het gesê: “Dié kliënt het tussen 11vm en 12nm na die kliniek gekom en insulien aangevra.

“Die suster het die kliënt gevra om te wag sodat prosedures gevolg kan word omdat ons nie medisyne kan gee sonder om die pasiënt te ondersoek nie.

“Die pasiënt het egter besluit om te gaan en die Maandag terug te kom.”)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button