LettersOpinion

Wat maak munisipaliteit met geld?

Govan Mbeki Munisipaliteit skuld ons antwoorde.

Ons woon al langer as 37 jaar op Secunda en het nog altyd getrou ons dienste rekeninge aan die munisipaliteit betaal.

Na aanleiding van Eskom se planne om die elektrisitet van Govan Mbeki Munisipaliteit drasties te verminder vanaf 5 Junie weens die munisipaliteit se wanbetaling, wonder ek net die volgende:

Alle verbruikers in die Govan Mbeki munisipale gebied moes in Januarie dubbele dienste rekeninge betaal om die sogenaamde wagtyd vir die munisipaliteit om hul geld te kry, van 60 dae na 30 dae te verminder.

Behalwe dat dit vir inwoners moeilik was om aan dié versoek te voldoen, is die onbeantwoorde vraag steeds, waarom is dit na 37 jaar versoek om ’n dubbele rekening te betaal?

Wat gaan met die ekstra geld gedoen word wat die munisipaliteit ontvang het?

Gaan Govan Mbeki Munisipaliteit die agterstallige skuld aan Eskom betaal en hoe gaan hulle dit doen as dit nie met die ekstra geld gedoen gaan word nie?

Ek is van mening dat die munisipaliteit alle inwoners antwoorde skuld en ek vertou dat die ekstra geld aangewend gaan word om Eskom te betaal sodat ons as betalende inwoners nie ekstra ongerief weens krag wat afgesny word, hoef te hê nie.

Bekommerde inwoner, Secunda.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button