LettersOpinion

Baie dankie Kasselman

Toe ons klein seuntjie op ’n stadium met sy fiets buite die hotelgrond wou gaan ry, het ek dadelik geweier en hom van die gevaar vertel.

Ek verwys na die artikel in die Standerton Advertiser van 10 Julie wat handel oor Kasselman Veiligheidsdienste wat die strate op ons dorp skoonmaak.

Ek wil hulle graag bedank vir dit wat hulle vir ons dorp doen en beteken.

Dit word nie aldag waardeer soos dit moet nie.

Baie, baie dankie.

Ek deel graag ook die volgende met julle.

Ons was onlangs met vakansie in die Wildekus.

Koffiebaai het die allerpragtigste natuurskoon en pragtige wit strande, maar is in die hartjie van ’n baie arm woonbuurt geleë.

Weens die sterk kontras tussen luuksheid en armoede baie na aanmekaar, is die hotel met mure en ’n veiligheidshek beveilig, met ’n wag 24 uur aan diens.

Toe ons klein seuntjie op ’n stadium met sy fiets buite die hotelgrond wou gaan ry, het ek dadelik geweier en hom van die gevaar vertel.

Heel kinderlik het hy my verseker dat Kasselman aan diens by die hek is en dat hulle mooi na hom sal kyk.

Kon nie help om by myself te lag nie.

Sarita Bekker, Standerton.

 

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button