LettersOpinion

Dankie vir bydraes

Ons wil graag aan al die inwoners van Standerton en omliggende gebiede baie dankie sê.

Met vrymoedigheid het ons die gemeenskap van ons plaaslike kerke om donasies genader wat ons broodnodig gehad het.

Die reaksie was oorweldigend.

Ons wil graag aan al die inwoners van Standerton en omliggende gebiede baie dankie sê.

Die donasies, wat die afgelope maand stelselmatig ingestroom het, vul ons kaste daagliks meer en meer.

Dit is met groot dankbaarheid wat ons na die voorraad kan kyk met nie net tandepasta en sepies langs ‘n lekker lyfroompie nie.

Ons sien liefde, ondersteuning en omgee vir elke inwoner van die ouetehuis.

Met die donasies is ons vertroue in ons gemeenskap net weer bevestig. Standerton gee om vir sy bejaardes.

Kosmos Aftree Oord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button