LettersOpinion

Eienaar van Gesangeboek gesoek

Voor in die boekie is 'n inskrywing wat gedeeltelik uitgevee is, maar 'n gedeelte van 'n adres is nog leesbaar, Posbus 21 Morgenzon.

Eddie Rabe, Nylstroom:
Ons gemeente, die NG Kerk Waterberg op Nylstroom, het verlede Saterdag ons jaarlikse dankofferfees gehou.

Tydens ons voorbereidings vir die fees, wat ‘n karnaval-tema gehad het, het ek tussen boeke wat te koop aangebied is op ‘n ou Hollandse Psalm- en Gesangeboekie afgekom.

Dis ‘n besonder klein boekie, net 6cm x 9cm, en nog in ‘n redelike toestand.

Presies wanneer die boekie gedruk is, is nie duidelik nie, maar dit bevat onder andere ‘n “Acte Van Waarborg” onderteken deur “De Nederlandsche Bijbel-Compagnie” in 1867.

Voor in die boekie is ‘n inskrywing wat gedeeltelik uitgevee is, maar ‘n gedeelte van ‘n adres is nog leesbaar, Posbus 21 Morgenzon.

Op Nylstroom is die Bosveldsig-veiligheidsoord, bekend as die Kokanje-aftree-oord.

Dit mag wees dat die oorspronklike eienaar van hierdie boekie hier kom aftree het en dat die boekie toe aan ons kerk geskenk is by die persoon se vertrek of afsterwe.

Ek hoop dat deur u lesers se hulp hierdie boekie weer aan die nasate van die betrokke familie, wat bogenoemde posadres in Morgenzon gehad het, besorg kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button