LettersOpinion

Ontsteltenis oor vernielde bome

"Die munisipaliteit het weens swak beplanning en kommunikasie veroorsaak dat van dié bome in geheel afgekap is omdat daar geen toesig van kundige amptenare teenwoordig was nie."

De Villiers Arnoldi, Ermelo:
Hiermee gee ek my misnoë te kenne oor die afsaag van sommige wilgerbome by die Petdam op 16 en 17 Januarie deur werkers van die Msukaligwa Munisipaliteit.

Blykbaar was dit ‘n poging van die munisipaliteit om takke van bome wat te hoog onder die hoogspanningsdrade van Eskom gegroei het te snoei.

Die munisipaliteit het weens swak beplanning en kommunikasie veroorsaak dat van dié bome in geheel afgekap is omdat daar geen toesig van kundige amptenare teenwoordig was nie.

Hierdie bome groei al vir dekades reeds daar en vorm deel van die estetika van die Petdam en omgewing. Verder dien hierdie bome geslagte lank al as broeiplek vir duisdende

Veêreiers en ander voëls en is ‘n skuilplek vir talle ander watervoëls.

Die bome, wat as veilige hawe vir die voëls gedien het, is mynsinsiens onoordeelkundig afgekap terwyl daar van die Veëreiers en hul kuikens nog in die bome was.

Van die takke het en die water geval, en tot gevolg gehad dat heelwat Veëreiers versuip het of erg beseer is.

Van dié wat kon ontsnap, maar nie kon vlieg nie, is deur motors doodgery.
Baie het weens hongersnood gevrek of is deur rondloper honde en katte verskeur.

So ‘n probleem word nie binne ‘n jaar herstel nie aangesien Wilgerbome in Ermelo, soos meeste ander bome, relatief stadig groei, en dit vir voëls soos Veêreiers jare kan neem om na so ‘n traumatiese wending weer vertroue in dié eens veilige hawe te kan vestig.

Dus moet hierdie saak in ‘n baie ernstige lig gesien word.

Ek sal graag die munisipalitteit se verduideliking hieroor wil hoor, en wat hulle omtrent hierdie situasie gaan doen om dit te herstel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button