Soos al gesien is, begin die dorp baie mooi lyk met ons span mense wat al die vuilgoed optel en selfs tot by Grootdraaidam opgeruim het.
Daar is altyd kostes betrokke by sulke projekte en ons vra die publiek om ons by te staan om die projek aan die gang te hou en vir almal ’n beter en skoner dorp te kan gee.
Volg ons op ons Facebook-blad: Lekwa Clean up Crew.
Ons het plaaslike maatskappye genader wat maandeliks ’n bedrag per debietorder van R1 000 tot R10 000 gee wat aangewend word om projekte te voltooi en in stand te hou.
Hiervoor is ons baie dankbaar en vra die publiek, sakelui en boere om ook ’n bydrae te maak.
Ons is so bevoorreg dat ’n Venture deur Anglo American geborg is om van die werk te kan doen.
Ons het nog heelwat toerusting nodig en eerste op die lys is ’n sleepwa.
Enige bedrag, maak nie saak hoe klein of groot nie, sal waardeer word en dis beter om by 100 persone R500 te kry as byvoorbeeld een persoon wat R5 000 gee.
Die sleepwa is slegs vier maande oud en 2.4 meter by 1.3 meter groot met vier ekstra nuwe wit “mags” en nuwe bande van 13 duim.
Dié sleepwa gaan R15 000 kos.
Jou bydrae kan in ons bankrekening inbetaal word, stuur asseblief die bewys van betaling sodat ons jou kan bedank en kontrole daaroor het.
CC asseblief vir Suzelle Kemp by general@appledew.co.za
Kom ons daag mekaar uit as ondernemings en die publiek om soveel moontlik by te dra.
Die bankbesonderhde is:
Lekwa Clean Up Crew
Standard Bank
Rekeningnommer: 136697321
Takkode: Standerton
Takkodenommer: 052943
Ben Vorster, 083 650 3465, e-pos : Ben.Vorster@unigro.co.za




