
Marius Nel, hoof Laerskool JJ van der Merwe:
Ek het nog nie ’n persoon raakgeloop wat nie van vakansie hou nie.
Wanneer mens ondersoek instel waarom oud en jonk van vakansie hou, besef ek dat dit tyd is wat ons wen.
Tyd is gratis, maar dit is prysloos.
Jy kan dit nie besit nie, maar jy kan dit gebruik.
Jy kan dit nie hou nie, maar jy kan dit spandeer.
As jy dit verloor het, kan jy dit nooit weer terug kry nie.
Mag elkeen ’n bietjie ekstra tyd in die Kersseisoen saam hul geliefdes en vriende deurbring.
Mag ons tyd spandeer by ons Vader se voete.
Mag ons vrede en vreugde najaag en mag ons tyd wen.
Geseënde Kersfees en voorspoedige 2017.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



