LettersOpinion

BRIEF: Sirkus-opslag op ons dorpie

Almal se monde is vol oor die "slegte lewe" van n sirkusdier.

Geagte Redakteur

Ek weet dat dit nou te laat is vir insae of ’n rubriek, maar ek wil tog my mening lug oor die “sirkus- opslag” op  onse dorpie.

Eerstens wil ek graag weet of al die sogenaamde “anti-sirkus” persone se troeteldiere se kos- en waterbakkies daagliks skoongemaak word en of vars kos ingesit word (nie gisteraand se oorskiet nie).

Dis baie ongesond vir diere om “menskos” te eet.

Dan wil ek ook graag weet, word “Fluffie” en “Katjie-poeksie” daagliks oefening gegee, aandag aan nuwe beddegoed gegee ens. ens.?

Almal se monde is vol oor die “slegte lewe” van n sirkusdier.

Daar was ’n episode van Carte Blance ’n paar jaar gelede oor ’n “sekere” sirkustroep wat als bederf het.

Hierdie mense is beslis nie so met hulle diere nie!

Dink vir jouself, na daardie sirkustroep daardie walglike dade met diere gedoen het, sal dit nie dalk wees dat al die diere-organisasies hulle oë op sirkusse fokus nie?

Ek praat nie net van die DBV nie, ouens soos “Animal Anti Cruelty League” en ander soortgelyke instansies.

Magtig mense, ek is ’n groot natuurliefhebber, en maak my kinders groot om die natuur en diere te respekteer en op te pas.

Gaan kyk na hierdie mense se manier van diere behandel en gaan kyk na die diere se leefplekke!

Hulle gaan jou nie geld vra vir dit nie want hulle het niks om weg te steek nie.

Die “Ingelsman” sê ” don’t knock it before you try it”.

Daar is groter dinge aan die gebeur, hoekom ’n sirkus “boikot”?

Ek kan met vrymoedigheid in my hart sê dat daardie mense professioneel en hardwerkend is.

Kom ons kry eers die feite voordat ons opinies rondslinger.

Goed gaan,

Pappa Beer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button