Nuwe bestuur gekies vir Standerton Rugbyklub
'n Nuwe begin vir 'n klub wat soveel tradisie in die gemeenskap ingebring het.
STANDERTON – Met die nuwe rugbyseisoen wat aanbreek, is die bestuur onlangs verkies en die manne het begin registreer.
Die Standerton Rugbyklub se nuwe bestuur het groot planne vir die seisoen wat op hande is.
Die samewerking van spelers word gevra, met registrasies wat reeds oop is.
Planne word aangaande die sportgeriewe beraam.
Vroue en kinders is ook welkom by vergaderings.
Die hoofdoel van die klub is om weer die gemeenskap van Standerton bymekaar te kry.
Soos in die dae toe daar niks anders beplan kon word as die Standerton Rugbyklub op hul tuisvelde uitgedraf het nie.
Die bestuur beplan dat die span in die toekoms van krag tot krag sal gaan.
Dié klub het die ondersteuning van die Puma Rugby-unie en mnr. Attie Myburgh, Puma-verteenwoordiger, was ook by die vergadering en verkiesing.
Vir registrasie of navrae skakel mnr. Jakes Coetzee by 071 120 5918.



