Local sportSport

Build-It Broncos verloor harde wedstryd

Die beste spelers van die dag was Dries Steynberg en Craig Vermaak.

BETHAL – Build-It Broncos-rugbyspan het onlangs kragte met die Tomahawks van Ermelo gemeet en met 28-12 verloor.

“Twee vinnige drieë in die eerste vyf minute was die verskil in die wedstryd,” het Jannie Burger, voorsitter, gesê.

Build-It Broncos het in die tweede helfte van die wedstryd twee drieë teen een aangeteken.

Die beste spelers van die dag was Dries Steynberg en Craig Vermaak.

Jannie Burger en FC Labuschagne het drieë aangeteken.

Graig Vermaak en Gerry Gendal het met twee doelskoppe geslaag.

Die span het die eerste twee wedstryde van die rugbyliga gewen en die derde een verloor.

Broncos se eerstespan gaan Saterdag, 3 Oktober teen die Hurricanes speel en die tweedespan teen die Tomahawks.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button