Renier wil aan Pro-Mania deelneem
Jy kan groot pryse wen op 28 November met jou hengelaarsvernuf.
SECUNDA – Cornelius Solomon is ’n plaaslike hengelaar wat al heelwat berigte vir bekende hengeltydskrifte geskryf het.
Hy is beter bekend as Renier, ’n familie noemnaam.
Hy was reeds van kindsbeen af lief vir hengel.
Later het die belangstelling om aan hoogs mededingende hengelkompetisies deel te neem, hom geprikkel.
Hy het sedertdien al menige kompetisies gewen en baie ondervinding in meeste fasette van hengel as sport opgedoen.
“Ek is ook al vir ’n baie lang tyd in die hengelindustrie betrokke in die vervaardiging en verspreiding van hengeltoerusting en aas.
“Ek het ’n rukkie gelede besluit om my hengel ’n stap verder te neem deur volgende jaar by die Pro-Mania aan te sluit.”
Pro-Mania is die enigste platform in Suid-Afrika waar enige goeie hengelaar vir prysgeld, borge en ’n nasionale rangorde kan deelneem.
“Ek is baie opgewonde en is nou al besig met die nodige voorbereiding, maar dit kos natuurlik ’n klomp geld en dit is waarom ek ’n kompetisie aanbied om geld vir volgende jaar se Pro-Mania in te samel.”
Cornelius bied op 28 November ’n groot opehengelkompetisie by die Trichardtsfonteindam aan met baie pryse te wen.
Koste beloop R150 per hengelaar wat toegang tot Trichardtsfonteindam insluit.
Pryse wat gewen kan word, is: Oewerhengel: grootste Karp R5 000, grootste baber R2 000, grootste moddervis R1 000.
Spesie, aasboot en kanohengel: Grootste Karp R3 000 en grootste baber R1 000.
Daar sal ook baie gelukkige trekkings deur die loop van die dag wees.
Bring die hele gesin en geniet ’n feestelike atmosfeer met stalletjies en vermaak.
Vir meer inligting, skakel 078 310 7775.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



