Local sportSport

Bears klop die Bulldogs

Mtsweni het met die bal uitgestaan en vyf paaltjies vir 26 lopies in 10 beurte geneem en is goed deur Tiaan du Preez bygestaan wat op sy beurt drie paaltjies laat kantel het.

BETHAL – Die krieketseisoen het vir die Bethal Bears-krieketspan afgeskop toe hulle die Bethal Bulldogs met 288 lopies gewen het.

Dié spanne het Saterdag, 3 Oktober by die Lilian Ngoyi-krieketveld kragte gemeet.

Die Bulldogs het die loot gewen en eerste geboul.

Dit het gelyk of dit ’n goeie besluit was toe twee vinnige paaltjies geval het.

Bethal Bears se kolwers, Ashley Methula met 120 lopies en Siyabonga Mtsweni wat 54 lopies aangeteken het, was net te goed vir die Bulldogs-boulers.

“Bethal Bulldogs se kolwers het goed begin, maar het gereeld paaltjies verloor,” het Neil Parsons, speler, gesê.

Mtsweni het met die bal uitgestaan en vyf paaltjies vir 26 lopies in 10 beurte geneem en is goed deur Tiaan du Preez bygestaan wat op sy beurt drie paaltjies laat kantel het.

Die Bethal Bears se volgende wedstryde is op Saterdag, 10 Oktober teen eMbalenhle en die Bethal Bulldogs speel ook op dié dag teen die Sasol Krieketklub.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button