Local sportSport

Albatross-span wen Ryder Cup

Die Graceland Opekompetisie vind Sondag, 18 Oktober by Graceland plaas en op Vrydag, 16 Oktober om 2nm kry junior gholfspelers die geleentheid om gratis opleiding by Graceland te ontvang.

SECUNDA – Die Ryderbeker het vanaf 3 tot 4 Oktober by Graceland Gholfklub plaasgevind en die Albastross-gholfspan is as die wenners aangewys.

Die kompetisie het tussen die Eagles- en die Albastrossgholfspanne plaasgevind.

Spelers het Saterdagoggend ’n vierbalkompetisie gespeel waartydens die Eagles, onder leiding van Daniel Nyathela, met 10 punte gewen het.

Die Eagles het ook sondagoggend as die wenners van die beterbalkompetsie weggestap.

Sondagmiddag het die Albatross-spelers die enkelskompetisie met 21 punte gewen en só ook vir die ander punte opgemaak.

Marthinus Venter, kaptein van die Albatross-span, het mnr. Lucky Kgatle namens almal bedank vir die beker wat hy geskenk het.

“Die Ryderbeker gaan ook ’n jaarlikse instelling word,” het hy gesê.

Die Graceland Opekompetisie vind Sondag, 18 Oktober by Graceland plaas en op Vrydag, 16 Oktober om 2nm kry junior gholfspelers die geleentheid om gratis opleiding by Graceland te ontvang.

Vir meer inligting, skakel Marthinus by 082 574 6798.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button