SECUNDA – Junior van Coller het op 8 Augustus aan sy eerste liggaamsboukompetisie deelgeneem om vir die Suid-Afrikaanse Liggaamsboukampioenskappe te kwalifiseer.
Hy het tydens die Mpumalanga provinsiale kompetisie nie net vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gekwalifiseer nie, maar het ook ’n eerste plek verwerf.
Junior het tydens die Internasionale Federasie van Liggaamsboukompetisie in die 0/90kg-gewigklas deelgeneem.
Hy was onder die Top 10 tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat vanaf 4 tot 6 September in Sandton plaasgevind het.
Hy is ook genooi om aan die Arnold Classics in Mei volgende jaar deel te neem.
Junior oefen steeds by Raw Talent and Supplements Gym saam met sy afrigter, mnr. Sam Kruger.
Hy het by die gimnasium begin oefen om slegs die ekstra gewig af te skud.
Hy het glad nie daarin belanggestel om gewigte op te tel en groter spiere te kry nie weens die negatiewe kommentaar wat almal gehad het.
Baie mense het vir hom gesê dat hy dit nooit sal reg kry om ’n gespierde lyf te hê nie.
Junior sê dit het harde werk, toewyding, selfdissipline, fokus en motivering gekos om te kom waar hy vandag is.
In ’n onderhoud met die Ridge Times het hy gesê: “Ek sou dit nie sonder my afrigter se motivering kon regkry nie.
“Hy het my altyd opgebeur en moed ingepraat wanneer ek wou opgee.”
Hy en sy afrigter werk hard aan die voorbereiding vir die Arnold Classics.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




