Ermelo-dojo’s presteer by SA’s
Karatekas van Ermelo het uitstekend presteer by die TSKKIA nasionale karatekampioenskappe die afgelope naweek by Sun City.
Karatekas van Ermelo het uitstekend presteer by die TSKKIA nasionale karatekampioenskappe die afgelope naweek by Sun City.
Twee plaaslike dojo’s (klubs), Ermelo Shotokan Academy en Ermelo Goju Ryu dojo, het aan die kompetisie deelgeneem.
Drie karatekas van Ermelo Shotokan Academy het deelgeneem en Hendrikus Visser, Cherise Veldman en Marc le Roux het hulle uitstekend van hul taak gekwyt.
Al het drie goue medaljes in beide kata en kumite verower en het ook nasionale kleure ontvang.
Ses karatekas van Ermelo Goju Ryu het Mpumalanga by dié kampioenskappe verteenwoordig.
Sensei Lional Grobler het goud in kata, kumite, unison kata en weapons kata behaal.
Nathan Herbst het met goud in kata, kumite, family kata en unison Kata weggestap .
Ruan Herbst het met goud in kata, kumite, family kata, unision kata, 3-man kata en silwer in full contact fighting uit die stryd getree.
Danielle Venter het goud in kata, kumite, 3-man kata en brons in family kata verower.
JP Venter het goud in kata, kumite, unison kata, 3-man kata en brons in family kata behaal en Wynand Smith het met goue medalljes in kata, kumite en unison kata weggestap.
Al ses dié karatekas het ook hul nasionale kleure verwerf.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590

Ermelo Goju Ryu het 26 medaljes tydens die kampioenskappe ingepalm en is as die beste dojo van die kompetisie aangewys.



