SECUNDA – eMba 1 Krieketklub het Sasol 1 op 24 Oktober met twee paaltjies geklop.
Sasol 1 het eerste gekolf en 209 lopies aangeteken.
eMba 1 het die telling in die 48ste beurt ingehaal.
Die beste kolwer van Sasol 1 was Vernon Fourie met 40 lopies en Dodds van Zyl was Sasol 1 se beste bouler met vier paaltjies in 10 beurte.
Dit is die eerste wedstryd wat Sasol 1 in die laaste 20 wedstryde verloor het.
Sasol 1 het eMba bedank vir die goeie wyse waarop hulle die wedstryd gespeel het.
Sasol 1 speel dié naweek weg teen Bethal Bears, terwyl Sasol 2 tuis teen Kinross speel.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




