SECUNDA – Sasol 1 se krieketspan het op Saterdag, 7 November met Ermelo Warriors afgereken.
Sasol het eerste gekolf en 216 almal uit in 49.4 beurte aangeteken.
Dylan Niemand (kaptein) was Sasol se beste kolwer met se 47 lopies en hy en Johan Scheepers se vennootskap het 37 lopies behels.
Ermelo Warriors is vir 197 in 48 beurte uitgeboul.
Ignus Koekemoer ( 32/3 in 10 beurte) en Grant Truter (32/2 in 8 beurte) was Sasol se beste boulers.
Sasol 1 speel aanstaande naweek teen die Bulldogs tuis, terwyl Sasol 2 weg speel teen Ermelo Frogs.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



