SECUNDA – Louis Koen was die wenner van die dag met ’n karp van 3,8kg tydens Die Lekker Sosiale Hengelklub se algemene maandelikse klubkompetisie op Saterdag, 14 November.
Dié kompetisie is by Grootdraaidam op Standerton aangebied.
Ten spyte van sterk wind, het hengelaars steeds goeie vangsste gehad.
Ilda Dalton het die tweede grootste vis vasgepak.
Haar karp het 3,7kg geweeg.
Oud en jonk is welkom om by Die Lekker Sosiale Hengelklub aan te sluit.
Skakel Renier by 078 310 7775.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



