Local sportSport

Suksevolle jaar vir rolbalklub

Die Standerton Rolbalklub se besighheidsliga het goed afgeloop met DeKalb wat as wenners gekroon is.

Die jaar staan einde se kant toe en die Standerton Rolbalklub het met die hittegolf gesukkel om hul beste spel deur die jaar te lewer.

Hul seisoen begin eintlik in Augustus, maar hul het deur die jaar verskeie hoogtepunte behaal.

Die vorige seisoen se klubwenners was Gerhard van Emmenes (mans enkelspel), Jacky Billman (vroue enkelspel en Victrix Ludorum) en Colin Munro (beste vordering vir 2015).

Elrina Greaves het aan die Mpumalanga Hoëveld Masters Enkels deelgeneem en ook haar Hoëveldkleure verwerf.

Colin Munro het tydens die Mpumalanga Ontwikkelingstoernooi in Middelburg die beker as mans enkelspelkampioen gewen.

Die Kampioen van Klubkampioene is op 30 Mei op Standerton aangebied en Jacky Billman het tweede geëindig.

Colin Munro en Elrina Greaves het in Maart by die Hoëveld Gemengde Pare derde, uit die 12 spanne, geëindig.

Piet de Klerk, Gerrie van den Berg, Elrina Greaves en Colin Munro het die klub se Gemengde Viere beklink.

’n Groot prestasie vir Annetjie du Bruto was toe sy die Mpumalanga Vroue Ope Enkelspel gewen het.

Die klub het borgdae gehou waar spanne vanaf Vrede, Ermelo, Secunda en Grootvlei deelgeneem het.

Hulle besigheidsliga het goed afgeloop met DeKalb wat as wenners gekroon is.

Die jaar is op 10 Desember afgesluit met ’n aandspel en ’n bring-en-braai en hul Kersete word op 16 Desember gehou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button