Skuts vaar goed in liga
Altesaam 100 skuts het aan die president-skiet-item deelgeneem.
Die S.A. Jagtersvereniging se Kosmostak het op 20 Februarie aan die ligakompetisie by die Dasklipskietbaan op Frankfort deelgeneem.
Altesaam 100 skuts het in die president-skiet-item meegeding waar sewe van die Kosmos-skuts in die top 20 geëindig het.
Stoffel Bester was sesde met 620,12 punte en Drian Podges sewende met 610,10 punte.
Stoffel en Drian het albei ’n platinumtoekenning behaal.
Xander Bailey was 12de algeheel met 570,07 punte en Jaco Booysen 13de, ook met 570,07 punte.
Jako Steenkamp het 560,07 punte aangeteken en 15de plek behaal.
Christo Bailey het met 550,08 punte die 17de plek behaal.
Iwan Lues was 20ste met 540,04 punte.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 5bf99755
WhatsApp – 0731082205


Jako Steenkamp het algeheel derde geëindig in die B-klas met 560,07 punte.
Celeste Bailey was algeheel derde in die vroue-afdeling met 430,06 punte.
Xander Bailey het die juniorafdeling met 570,07 punte beklink.
Altesaam 19 spanne het meegeding.
Die Kosmos Swartwildebeeste het algeheel tweede met 2910,44 punte geëindig.
Die Kosmos Blesbokke was algeheel vyfde en het 2340,26 punte aangeteken.
Jako Steenkamp, skietkoördineerder, het die borge Quantum Energy en TWK Toyota Standerton bedank.
“Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie,” het hy gesê.



