Local sport
Twee rolbalspelers van Secunda verower medaljes op meesters-enkeltoernooi
Lanie Nel het in die ope-afdeling en Koos Jonker in die veteraanafdeling silwermedaljes verower.
Sasol Secunda Rolbalklub spog met twee spelers wat onlangs op die Mpumalanga-meesters-enkelspeltoernooi uitgeblink het.
Lanie Nel het in die ope-afdeling en Koos Jonker in die veteraanafdeling silwermedaljes verower.
Dié toernooi, waarheen keurders die agt beste spelers in die provinsie nooi, is verlede maand in Ermelo beslis.
Om te bepaal wie die beste in die provinsie is, kyk die keurders na die spelers se rekords oor die laaste drie tot vyf jaar. Vandaar word die beste enkelspelspelers in die verskeie afdelings gekies.
Elke afdeling bied ’n rondomtalie van sewe wedstryde, waaruit die spelers se punte bepaal word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



