Local sportSport

Johan seëvier by meesters

Johan Brink het die eersteplek met ’n netto van 42 losgeslaan.

Johan Brink het die Sonskyn Meesterstoernooi op 9 April by die Standerton Buiteklub beklink nadat hy 42 punte aangeteken het.

Altesaam 34 spelers het deelgeneem aan die kompetisie wat in Stableford-formaat beslis is.

Die wind en hitte het egter nie hulle vaardighede belemmer nie.

Deon Grimsell het die tweede plek met 38 punte behaal, terwyl Dries van Vuren en Wessel van der Mewe kort op sy hakke was, albei met 37 punte.

Johan van Rensburg het met 36 punte in die vyfde plek geëindig en Louis Gravett, ook met 36 punte, was sesde.

Andries Manka, Koos van Wyk (2), Johan Brink, Rowan Brink en Hannes Vermaak het spog-twee’s behaal.

Johan Brink het ook die boerpot gewen en Hannes Vermaak die gelukkige trekking.

Die Metodiste Kerk bied op 16 April ‘n Beterbalkompetisie aan.

Vir meer inligting skakel mnr. Wessel Maree, klubbestuurder, by 017 719 1123.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button