Local sportSport

Sasol Stoeiklub blink weer uit

Die Sasol Stoeiklub presteer op verskeie gebiede.

EVANDER – Nathan Webb, 0/15-0/17 jaar, van Sasol Stoeiklub het eerste in die vrystylafdeling geëindig tydens die Sasol Synfuels Sportdag se stoeitoernooi.

Ses stoeiklubs van Mpumalanga het op 16 April aan dié toernooi deelgeneem, naamlik Ebahlenhi, Ermelo, Inyathi (Witbank), Middelburg, Sasol en Unicor.

Altesaam 21 stoeiers van Sasol Stoeiklub het aan die afdeling vir langtermyn-ontwikkelingdeelnemers vir stoeiers tussen die ouderdom van vyf en 10 jaar deelgeneem.

Hulle het almal Sasol goue medaljes ontvang.

Van die kleiner stoeiertjies was vir die eerste keer op ’n stoeimat en het hulle goed van hul taak gekwyt.

Die vlak van stoei was hoog en die stoeiers het waardevolle ondervinding opgedoen.

Die president van Sasol Stoeiklub, mnr. Johan van den Berg, is trots op al sy stoeiers.

Die Oos-Gauteng Opekampioenskappe het op 23 April op Turffontein in Johannesburg plaasgevind.

Vyf stoeiers van Sasol Stoeiklub het in die afdeling vir langtermyn-ontwikkelingdeelnemers deelgeneem en medaljes ontvang.

Jaden Grobler het in die vrystyl 0/11 jaar vir 27-30kg deelgeneem en ’n bronsmedalje verwerf.

Nico van den Berg is in die Suid-Afrikaanse vrystylstoeispan wat in Junie aan die Afrika Stoeikampioensakppe gaan deelneem, ingesluit.

Hy het Junior Proteakleure verwerf.

Sasol Stoeiklub wens hom sukses toe vir dié kampioenskappe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button