Local sportSport

Nico stoei medaljes los

Stoeier bring twee bronsmedaljes huis toe.

SECUNDA – Nico van den Berg het twee bronsmedaljes by stoeikampioenskappe gewen.

Die Suid-Afrikaanse President Grieks-Romeinse Stoeikampioenskap het op 29 April plaasgevind en die Suid-Afrikaanse Vrystyl Stoeikampioenskap op 30 April by Carnaval City.

Nico het aan albei deelgeneem en derde in die President Grieks-Romeinse styl geƫindig.

Hy het ook in die vrystyl derde gekom.

Volgens mnr. Johan van den Berg, Nico se afrigter, het hy stoei van uitstaande gehalte gelewer en Sasol Stoeiklub is trots op hom.

Me. Elma Webb van Sasol Stoeiklub was albei dae die hoofspanbestuurder van die Mpumalanga-stoeispan wat aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap deelgeneem het.

Mnr. Johan van den Berg was die afrigter en mnr. Manie van den Berg was die toernooi se sekretaris van die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button