Sasol-stoeiertjie neem aan Sentraal-Gauteng Ope deel
Stoeiers vanaf vier tot 10 jaar kan aan die Pumatjie Stoeitoernooi deelneem.
SECUNDA – Zack Manaia (7) van Sasol Storiklub het homself goed gehandhaaf tydens die Sentraal-Gauteng Ope Stoeikampioenskap op 7 Mei op Menlopark, Pretoria.
Hy is sewe jaar oud en het homself baie goed gehandhaaf tydens die kampioenskap.
Altesaam 24 klubs en 319 stoeiers het aan die kampioenskap deelgeneem.
Me. Chanell Manaia was die mediese beampte, mnr. Zaack Manaia was die afrigter, mnr. Manie van den Berg was die spanbestuurder en me. Lollie van den Berg was die administratiewe beampte.
Sasol Stoeiklub gaan op 14 Mei aan die Mpumalanga Pumatjie Stoeitoernooi, asook die Mpumalanga Klubstoeikampioenskap in Nelspruit deelneem.
Stoeiers vanaf vier tot 10 jaar kan aan die Pumatjie Stoeitoernooi deelneem.



