Nico bring brons huis toe
Nico van den Berg van die Secunda Stoeiklub bring twee bronsmedaljes huis toe.
SECUNDA – Nico van den Berg het twee bronsmedaljes by stoeikampioenskappe gewen.
Die Suid-Afrikaanse President Grieks-Romeinse Stoeikampioenskap het op 29 April plaasgevind en die Suid-Afrikaanse Vrystyl Stoeikampioenskap op 30 April by Carnaval City.
Nico van den Berg het aan albei deelgeneem en derde in die President Grieks-Romeinse styl geƫindig.
Hy het ook in die vrystyl derde gekom.
Volgens mnr. Johan van den Berg, Nico se afrigter, het Nico stoei van uitstaande gehalte gelewer en Sasol Stoeiklub is trots op hom.
Me. Elma Webb van Sasol Stoeiklub was albei dae die hoofspanbestuurder van die Mpumalanga-stoeispan wat aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap deelgeneem het.
Mnr. Johan van den Berg was die afrigter en mnr. Manie van den Berg was die toernooi se sekretaris van die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap.



