Local sportSport

Sabumnin JP verwerf vyfde dan in Taekwondo

Hy is nou een van net vier in die land met ’n internasionaal geaffilieerde vyfde dan swart gordel.

SECUNDA – Sabumnim JP Vorster, plaaslike Taekwondo-meester, het Suid-Afrika se naam hoog gehou in Amerika.

Hy het sy vyfde dangradering in Taekwondo verwerf.

Sabumnim Vorster beoefen dié sport al vir 20 jaar en is die eienaar van Victory Taekwondo Family Centre.

Hy is ook nou die eienaar van een van drie skole in Suid-Afrika nadat hy dié skool in 2014 gekoop het.

Songahm Taekwondo het in April geskiedenis gemaak toe’n hoofmeester uit Amerika vir die eerste keer gekom het om ’n hoë rangtoets vir Sabumnim Tjolla Louw van Pretoria, Afrika Taekwondo Assosiasie se president, Sabumnim JP Vorster en Sabumnin Rohan Verwey van Bloemfontein, ook ’n voormalige Secunda-student, aan te bied.

Die uitslag van hul gradering was op 29 April beskikbaar en al drie het hul vyfde dangradering geslaag.

Suid-Afrika spog nou met vier internasionaal geaffilieerde vyfde dan swart gordels.

Dit is die hoogste dan in Suid-Afrika.

Vir meer inligting, skakel vir Sabumnim Vorster by 082 777 2069.

Die Suid Afrikaanse Taekwondo Kampioenskap vind op 29 en 30 Oktober by Graceland Casino plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button