Local sportSport

Sasol Hydra-Arc vergroot hulle Gold Cup voorsprong

Sasol Hydra-Arc steeds eerste op “Gold Cup” ranglys

SECUNDA – Die Sasol Hydra-Arc eerstespan het op Saterdag, 28 May as oorwinnaars uitgetree tydens hul kragmeting met Ferro’s.

Hulle het die Ferro’s met 41-18 geklop en hul Gold Cup-bonuspuntvoorsprong vergroot.

Ferro’s is gedugte teenstanders en die wedstryde tussen dié twee spanne is gewoonlik spanningsvol.

Dit was ’n rowwe wedstryd by Sasol Sportklub en die spelers het gedurig deurgeloop onder beserings, met die skeidsregter wat gereeld moes blaas vir beseringstyd.

Teen rustyd was die telling 22-13.

Stretch Streicher, Rudy Voster, HJ Neethling, Erik de Vos, Riaan Kruger, Lenny Vergottini en Shaun Jacobs het elkeen ’n drie gedruk.

Pablo Swanepoel het twee drieë verdoel en Steven Jacobs een drie.

Sasol Hydra-Arc het sewe drieë gedruk en die Ferro’s drie drieë.

Die Sasol Hydra-Arc-span staan tans eerste op die Gold Cup-ranglys met 19 bonuspunte.

Hul naaste kompetisie is Middelburg met 10 punte.

Die Ferro’s lê na dié naweek se kragmeting in die derde plek met agt bonuspunte en Nelspruit en Witrivier deel gesamentlik die vierde plek met sewe punte elk.

Ben Joubert, HJ Neetling en Juan Olivier is as manne van die wedstryd aangewys.

Die Sasol 2-span het nie die naweek gespeel nie.

Wes Moolman, wat ook later as man van die wedstryd aangewys is, het egter kort na die afskop van die tweede helfte sy regter onderbeen sleg gebreek.

Hy is van die veld af en het op 29 Mei ’n operasie ondergaan.

Hy is oorgeplaas na Milpark Hospitaal in Johannesburg.

Wes behoort oor nege maande weer te kan hardloop, maar sal vir die res van die liga as hoofondersteuner alle Sasol Hydra-Arc-wedstryde bywoon.

Die Sasol 3 eMba-span het op Standerton deelgeneem en het ten spyte van ’n puik drie, verdoeling en strafskop hul wedstryd teen Standerton se tweedespan verloor.

John Skosana, Andile Nkosie, Thabiso Tsotsetsi en Siyabonga Mahapi is as manne van die wedstryd aangewys.

Die komende naweek speel al drie Sasol-spanne weer ligawedstryde.

Die manne van die Sasol 3 eMba-span het na hul wedstryd op Standerton deurgekom en hul broers in die Sasol Hydra-Arc-span op die veld op Secunda ondersteun met sang en toejuiging.

Sasol Hydra-arc speel ’n wegwedstryd teen Nelspruit en sal moet fokus om nie nou hul ranglysvoorsprong te verloor nie.

Sasol 2 en Sasol 3 eMba speel albei teen Ermelo op Ermelo.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button