Die karatekas van Lyons Karateklub op Secunda en Bethal wat op 5 Maart medaljes verower het tydens die Mpumalanga-streekkompetisie op eMbalenhle. Voor is Divan Botes, Divan du Toit, Carla Jacobs, Carli du Toit, Marietjie Gouws, Isaul Sardinah, Stefanus Bezuidenhout, Jannes Bezuidenhout en Elsje Bannister. Agter is Juanita de Alcantara, Alexandra Jacobs, Tustin le Roux, Deacon le Roux en Sensei Monique Lyons.
SECUNDA – Die Lyons Karateklub op Secunda en Bethal het tydens die Mpumalanga-streekkompetisie en die Suid-Afrikaanse Kampioenskap presteer.
Die streekkompetisie het op 5 Maart by die Sasolklub op eMbalenhle plaasgevind en 18 karatekas het onderskeidelik goud, silwer- en bronsmedaljes verwerf.
Die Suid-Afrikaanse Kampioenskap het op 21 en 22 Mei in Johannesburg plaasgevind en lede van die klub het 11 medaljes ingepalm.
Sensei Monique Lyons rig al vir 10 jaar karate op Secunda en Bethal af.
Sy oefen tans vir haar vyfde dan swartgordel.
Divan Botes van Secunda het goue medaljes in kumite en kata by die Mpumalanga-streekkampioenskap verwerf.
Karatekas van die Lyons Karateklub op Secunda en Bethal het op 21 en 22 Mei aan die Suid-Afrikaanse JKA Karatekampioenskap in Johannesburg deelgeneem. Almal het SA-kleure, asook medaljes ontvang. Voor is Elsje Bannister (brons en silwer), Juanita de Alcantara (silwer en brons) en Carli du Toit (silwer). Agter is Isaul Sardinha (goud en silwer) Stefanus Bezuidenhout (silwer), Erick Jacobs (brons) en Carli Jacobs (brons) . Brian Watkins (twee goue medaljes) was afwesig toe die foto geneem is.
Sensei Monique Lyons van die Lyons Karateklub wys hoe ’n syskop gedoen word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!