Nico van den Berg wil die Afrika Juniorstoeikampioen word.
Nico van den Berg wil die Afrika Juniorstoeikampioen word.
SECUNDA – Nico van den Berg van Sasol Stoeiklub se ster skyn helder.
Hy het aan die Arnold Schwarzenegger Inwydings Arnold Classic Africa-sporttoernooi vanaf 27 tot 29 Mei in die Sandton Convention Centre in Johannesburg deelgeneem.
Behalwe vir stoei, is 46 ander sportsoorte ook by dié byeenkoms aangebied.
Die stoeitoernooi het op 28 Mei plaasgevind en Nico is deur die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie genooi om deel te neem.
Al die stoeiers het ook unieke stoeikostuums ontvang.
Mnr. Johan van den Berg, president van Sasol Stoeiklub, is trots op Sasol Stoeiklub se lede en het gesê: “Hulle hou die stoeiklub se naam hoog.”
Nico gaan aan die Afrika Junior Stoeikampioenskap in Algerië deelneem.
Die toer kos bykans R30 000.
Ter ondersteuning van Nico het die Secunda Mall Spur op 24 May ’n geldinsamelingsaand gehou.
Nico het as kelner gewerk en ’n gedeelte van die aand se wins is aan hom oorhandig.
Hy was die kadetstoeikampioen by die Afrika Kadetstoeikampioenskap in 2015 en hoop om die Afrika Juniorstoeikampioen te word.



