Local sportSport

Standerton sit Carolina ore aan

Die tweede helfte het met ’n gekners van tande vir die teenstanders begin toe Standerton binne die eerste minuut gaan druk het.

Standerton Dekalb Rugbyklub se tweedespan het in ’n wegwedstryd Carolina ore aangesit met ’n eindtelling van 91-14.

Die eerste helfte het begin soos ’n swaargewigboksgeveg, met die twee spanne wat na mekaar gevoel-voel het.

Standerton het in die eerste 10 minute nie al die besit wat tot hul beskikking was, gebruik nie.

Hulle het oorheers ongeag die gebiedsvoordeel, maar dinge het nie glad geloop soos hulle weet dit kan nie.

Nogtans het die Standerton-manne vyf keer agter die doellyn gaan kuier en Brendan Coetzee kon daarin slaag om drie hiervan te verdoel.

Carolina het ’n onderskepdrie behaal en die rustyd telling was 31-7 vir Standerton.

In die halftyd-kringetjie het die manne met mekaar gepraat.

Volgens mnr. Jakes Coetzee, Standerton Dekalb president, was dit opvallend dat die manne met mekaar gepraat het soos vriende, soos rugbyspelers met ’n liefde vir hul klub en soos manne met ’n gesamentlike doelwit en inderdaad, spelers wat vir mekaar wil speel.

Die tweede helfte het met ’n gekners van tande vir die teenstanders begin toe Standerton binne die eerste minuut gaan druk het.

Hierna was daar geen keer aan die bulle nie.

Met voor-en agterspelers, wat die bal lustig rondgegooi het tussen mekaar en met vertroue dat daar altyd iemand sal wees om ’n aangee te ontvang, het Standerton nog 60 punte in die tweede helfte aangeteken.

Standerton het altesaam 15 drieë in die wedstryd gedruk.

Die afrigters het besluit om die voorspeler van die wedstryd aan twee spelers te gee naamlik JT Eksteen en Llewellyn van der Linde Botha.

Agterspeler van die wedstryd het aan Fanafuthi Motloung gegaan.

Standerton se puntemakers:

Drieë: Edison Mputhi (3) Fanafuthi Motloung (3) JT Eksteen (3) Llewellyn van der Linde Botha (2) en Phillip Hoender Naudé, Danny Bosman, GJ Kotze en Tielie Crawford elkeen een.

Doelskoppe: Brendan Coetzee (8)

Eerskomende Saterdag speel albei Standerton se spanne teen Ermelo, op Ermelo.

Afskoptye soos gewoonlik, tweedes omstreeks 2.30nm en die eerstes om 3.45nm.

(Deur: Jakes Coetzee – aangepas vir publikasiedoeleindes).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button