Local sportSport

Standerton Dekalb Rugbyklub nou Gert Sibande wenners

Agter die Sasol-pale het die manne hard gepraat en gemotiveer, maar die skeidsregter het 20 minute in die tweedehelfte in, die wedstryd gestop.

As jy die naweek staal nodig gehad het, kon jy dit by Hoërskool Standerton gekry het, waar 15 ysters die veld vol gehardloop het, dis nou mits jy hulle kon raakvat.

Standerton Dekalb Rugbyklub het lag-lag as Gert Sibande wenners uit die stryd getree toe hul 113 – 0 met Sasol 2 afgereken het.

Die skeidsregter het skaars die fluitjie geblaas toe Standerton al met punte op die telbord gespog het.

Sasol se verdediging was hul ondergang en keer op keer het Standerton deur ‘n gaping gegly en agter die pale gaan kuier.

Standerton het regdeur die wedstryd meeste van die balbesit gehad en was selde in hul eie gebied gevang.

Juan 'Shrek' Kotze tydens 'n uitstekende lopie teen Sasol 2.
Juan ‘Shrek’ Kotze tydens ‘n uitstekende lopie teen Sasol 2.

Dié span het hul vaardighede op alle gebiede ten toon gestel.

Een drie staan veral uit, waar Juan ‘Shrek’ Kotze, stut, ore plat getrek en soos ‘n senter begin hol het.

Hy het sy teenstanders lank besig gehou waarna hy eindelik onselfsugtig die bal aan Juan ‘Skolla’ Pieterse aangegee het wat die afronding gedoen het.

Johan van Schaik het ook uitgestaan met bal in die hand en nie eers die rugbypaal waarteen hy geduik is, kon hom keer om oor die lyn te val nie.

Willem ‘Wille’ Martin was maar weer soos gewoonlik een van die spelers onder wie se voete jy nie wou beland nie, en op die verdediging was hy rotsvas.

Johan van Schaik met bal in die hand. Nie eers die rugbypaal waarteen hy geduik is, kon hom keer om oor die lyn te val nie.
Johan van Schaik met bal in die hand. Nie eers die rugbypaal waarteen hy geduik is, kon hom keer om oor die lyn te val nie.

Standerton se agterlyn het ook glad nie teleurgestel nie en uitgegaan om toeskouers met hardlooprugby te bederf.

Die kere wat daar geskop is, kon jy weet Standerton was daar om mee te ding.

Agter die Sasol-pale het die manne hard gepraat en gemotiveer, maar die skeidsregter het 20 minute in die tweedehelfte in, die wedstryd gestop.

Willem Martin is as voorspeler van die wedstryd gekies en Danny Myburgh as agterspeler van die wedstryd.

Volgens mnr. Ben Vorster, Standerton Dekalb Rugbyklub voorsitter, het hul later besluit om die hele span die titel as spelers van die wedstryd te gee.

Mnr. Jakes Coetzee, Standerton Dekalb Rugbyklub president, het die afrigters en bestuur geprys vir hul insette.

Riaan Groenewald jaag die bal veldaf tydens 'n kragmeting teen Sasol 2 wat Standerton 113 - 0 gewen het.
Riaan Groenewald jaag die bal veldaf tydens ‘n kragmeting teen Sasol 2 wat Standerton 113 – 0 gewen het.

Middelburg sou teen Standerton se tweedespan uitgedraf het, maar het onttrek en daarom is hulle ook as Gert Sibande wenners aangekondig.

Mnr. Vorster het gesê: “Die tweedespan is deur na die halfeindronde wat op 9 Julie sal plaasvind en die eerstes na die kwarteindronde wat die komende naweek sal plaasvind, meer inligting hieroor sal later aan die publiek deurgegee word.”

Sien al die foto’s HIER

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button