Local sportSport

Ermelo-stoeiers staan hul man

Stoeiers van Ermelo Stoeiklub staan hul man in die Pumatjie- en MSV-toernooie.

Stoeiers van Ermelo Stoeiklub het Saterdag aan die Pumatjie- en MSV-toernooie in Middelburg deelgeneem.

Die volgende stoeiers het goue medaljes in die Vrystyl-kategorie verower: Jonathan van der Westhuizen, Marno Botha en Hubert Terblanche.

Pieter van Aardt het ’n silwermedalje in dié afdeling gewen.
Marno Botha en Hubert Terblanche het ook goue medaljes in die Presidentskategorie-Vrystyl verower en Pieter van Aardt het ’n silwermedalje in dié kategorie gewen.

Franco Du Rand, De Wet Luus en Andrè Robertson het deelnamemedaljes ontvang en Doandre du Preez, WP Human en Heinrich Marx het in die Pumatjie-kategorie deelgeneem.

Die volgende toernooi vind op 23 Julie in Secunda plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button