Roux en Benecke wen naweekgholf
Vrydag word 'n "Nine en Dine"-kompetisie by die klub aangebied.
Philip Roux en Johan Benecke het die afgelope Saterdag se “2-Ball American Scramble”-gholfkompetise gewen wat 60 spelers gelok het.
Tokoshe Zatu en Lucky Kubheka het die tweede plek ingepalm en Johan van Greunen en N. Prinsloo is derde geplaas. Pierre Steyn en Marelize Potgieter het in die vierde plek geëindig.
Vrydag word ‘n “Nine en Dine”-kompetisie by die klub aangebied waar spelers nege putjies gholf kan speel, ‘n gholfkarretjie vir twee mense kan huur en ‘n heerlike ete by Charlene’s Country Kitchen kan geniet.
Dit alles kos slegs R200 en sluit ook pryse in vir die kategoriewenners van die gholfkompetisie.
Vroegtydige besprekings by 017 811 2550 is noodsaaklik.
Saterdag word ‘n IPS-klubkompetisie gespeel.



