Sasol 2 verloor sleg teen Standerton Dekalb rugbyklub se eerste span
Standerton Dekalb Rugbyklub vaar goed en klop Sasol 2 met 113 teenoor 0.
SECUNDA – Die Sasol 2-rugbyspan het die afgelope naweek teen Standerton Dekalb Rugbyklub se eerstespan gespeel.
Standerton het as Gert Sibande-wenners uit die stryd getree nadat hulle Sasol ’n pak slae gegee het met ’n telling van 113-0.
Kort nadat die wedstryd begin het, het Standerton punte op die bord gesit.
Sasol 2 se verdediging het telkemale deurgeloop en Standerton het kort-kort deurgeglip om ’n drie te gaan druk.
Standerton het meerendeels besit van die bal gehad en hul vaardighede op alle gebiede ten toon gestel.
Onselfsugtige spanwerk en rotsvasverdediging het in Standerton se guns getel.
Toeskouers is beslis met mooi hardlooprugby bederf.
Ongeag Sasol 2 se dapper moed en motiveringspraatjies onder mekaar, het die skeidsregter gekies om dié wedstryd vroeg in die tweede helfte te stop.




