Local sportSport

Stof en modder kraai koning by die Hoogies 4×4-dag

Hoërskool Hoogenhout se 4x4 dag op 16 Junie was ’n reuse sukses en betsuurders het die tegniese hindernisse oorwaar geniet.

BETHAL – Hoërskool Hoogenhout het hul eerste 4×4-dag op 16 Junie op die plaas Durrabel buitekant Bethal gehou.

Bestuurders kon 11 verskillende hindernisse deurwerk, met skerp draaie, dik sand, water, modder en steil opdraendes.

Die tegniese vernuf van die bestuurders is op verskeie maniere getoets en die hindernisse kon nie net met spoed en krag oorwin word nie.

Op een plek moes die voertuie oor ’n brug ry wat uit vier teerpale gebou is en dadelik deur dik sand opgevolg word.

Verskeie voertuie het daar vasgeval en toeskouers het kort-kort raad van die kantlyn af uitgedeel.

Op ’n ander punt het van die deelnemers al só dapper gevoel dat hulle die hindernisse agteruit aangedurf het en tot baie sand en modder wat spat gelei het.

Daar was ’n spesifieke hindernis waar ’n hoepel met twee rekke plat aan jou enjinkap vasgemaak is,en dan is vier tennisballe binne in die hoepel gepak.

Die bestuurder moes dan deur ’n baie ongelyke drif ry sonder dat die tennisballe uit die hoepel rol of hop.

Verskeie bestuurders moes twee of selfs drie keer probeer voordat hulle dié hindernis voltooi het.

Bykans 40 spanne het ingeskryf en daar was byna dubbeld soveel voertuie vol toeskouers wat van hindernis na hindernis saam getoer het.

Die dag se beoordeling is volgens ’n “handicap”-sisteem gedoen, met punte wat afgetrek is vir tegniese foute soos terugrol, paaltjies tref en vassit.

Daar was ook by sekere hindernisse ’n man- en muisafdelings en jy het meer punte gekry as jy die man deel suksesvol voltooi het, maar jy het die kans gestaan om sleg vas te sit en sodoende weer jou punte te verloor.

Daar was verskeie pryse, maar die wenners het elkeen ’n Bosveld 4×4-naweek losgeslaan, geborg deur The Wetsern Breeze Game and Safari Lodge op Groblersdal, en Tholo Game and Safari Lodge op Vaalwater.

Frik van Noordwyk was die algehele wenner, asook die wenner van die “Short Wheel Base”-afdeling.

Jan Breet was die wenner van die “Long Wheel Base”- afdeling.

Na die prysuitdeling was daar geleentheid vir die deelnemers om te braai en saam in die onthaalgebied van De Oude Werf te kuier.

Dié dag vorm deel van Hoogenhout se geldinsamelingskalender en alle geld gaan vir vanjaar se matriekafskeid.

voertuig.

r

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button